Baba-kompetisie

Ouers kan vanjaar hul babas inskryf vir die baba-kompetisie. Die Rekkies en Tekkies Akademie op Vredendal soek die oulikste babas. Daar is vyf afdelings - vir ouderdomme 3-6 maande, 6-12 maande, 12-18 maande, 18-24 maande en 24-36 maande. Mammas en pappas, as julle dink julle baba is die oulikste, skryf hom of haar in vir hierdie kompetisie.
Die foto met die meeste likes op Madeliefie Makietie se Facebook-blad sal getel word en die wenners sal op Saterdag, 27 Oktober saam met Mnr. & Mej. Strandlopertjie aangekondig word. In die baba-kompetisie sal daar net een wenner per kategorie wees. Ouers moet die inskrywingsvorm saam met ’n foto en geboortesertifikaat e-pos na [email protected].