Daisy Z-talentkompetisie

Word jy gereeld betrap dat jy tussen die winkels se rakke dans? Beskou jy jouself as ’n gesoute stortsanger? Het jy nog altyd daarvan gedroom om die groot verhoog te betree? Dan is dit nou jou kans om jou talente te wys. Ons hou vanjaar weer die gewilde Daisy Z-talentkompetisie - ’n opwindende talentkompetisie met geen perke. Skryf gerus in as jy hou daarvan om jou natuurlike talent ten toon te stel. Daar is geen ouderdomsbeperking of inskrywingsfooi nie en almal is welkom om aan die kompetisie deel te neem, met enige talent.
Maskam Mall, Vredendal - 15 September om 10:00
Die kompetisie is oop vir enige talent. Bring jou honde om bollemakiesie te slaan of wys vir die dorp hoe jy op jou hande loop en jy mag dalk net die kans kry om by die fees self op te tree. Om in te skryf, kontak gerus vir Chrisma Engelbrecht by +27 (0) 71 086 2933 of Cindy Schade by +27 (0) 71 151 6526. Hoop ons sien jou daar.