Feesmark

Ons wag tans vir mense wat hul unieke produkte by vanjaar se feesmark sal wil uitstal. Jy kan ook vir Esther Saywer e-pos by [email protected] of haar bel by +27 (0) 83 872 8087. Klik hier om die registrasievorm af te laai en te druk of klik hier om die produktelys af te laai. 

Vanjaar se Madeliefie Makietie beloof om ’n hoogtepunt op die feeskalender te wees. Daar gaan soos oudergewoonte ook binnenshuise stalletjies beskikbaar wees om van te kies en te keur en stalletjiehouers word hartlik genooi om deel uit te maak van ons feesmark, wat ons weer vanjaar tydens die Juweelfees vanuit die munisipale saal op Strandfontein gaan bedryf.

Indien jy belang stel in ’n stalletjie hier, word jy genooi om vanjaar te kom spog met jou produkte by die Madeliefie Makietie wat op Vrydag, 25 en Saterdag, 26 Oktober op die pragtige juweeldorp, Strandfontein plaasvind. Bespreek jou binnenshuise stalletjie vandag nog om deel te wees van die grootste Weskus-fees!