Kollig

Beskou jy jouself as ’n gesoute stortsanger? Het jy nog altyd daarvan gedroom om op die verhoog op te tree? Dan is dit nou jou kans om jou talente te wys! Madeliefie Makietie bied vanjaar Die Kollig-sangkompetisie aan – ’n opwindende talentkompetisie met geen perke nie!

Daar sal vanjaar vier uitdunrondes wees. Daar is groot pryse op die spel!

Om in te skryf, kontak gerus vir Tania van der Merwe by 072 856 6481 of Derick Lochner by 083 633 0600. Hou ook ons sosiale media dop vir meer inligting. 

Inskrywings sluit op Vrydag, 2 Augustus om 12:00.

Klik hier om die inskrywingsvorm in PDF-formaat af te laai en te druk.