Maltrap & Colour Run

As jy ’n fietsryliefhebber is wat daarvan hou om die natuur op jou fiets te verken, moet jy seker maak om deel te neem aan vanjaar se Maltrap-fietswedren wat op Saterdag, 27 Oktober tydens die fees plaasvind. Die wegspring van die Maltrap begin om 08:00. Nog ’n opwindende aktiwiteit waarna feesgangers kan uitsien is die splinternuwe Stoftrap, beter bekend as die Colour Run, wat ook die Saterdag plaasvind.
Die wegspring van die Stoftrap skop om 08:30 af. Albei hierdie opwindende gebeure word aangebied deur die Hansie En Grietjie Kleuterklub. Die Maltrap en Stoftrap is een inskrywing maar as deelnemer kan kies of jy albei of net een wil doen. Indien jy wil deelneem of vir meer inligting oor hierdie opwindende aktiwiteite, kan jy gerus vir Esther Sawyer kontak by +27 (0) 83 872 8087.