Matzikama Munisipaliteit

Die Matzikama Munisipaliteit is een van die trotse borge vir vanjaar se Madeliefie Makietie-fees wat op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Oktober op Strandfontein plaasvind. Die Matzikama Munisipaliteit dien die streek deur die bevordering van ekonomiese ontwikkeling van alle dorpe wat deel vorm van die Matzikama munisipale area. Die munisipaliteit voorsien bekostigbare, gehalte dienste en produkte aan die breër gemeenskap.
As munisipale werknemers, skryf ons aan die waardes soos uiteengesit deur Batho Pele , ’n Sotho woord wat beteken “mense eerste”. Hierdie inisiatief is geïmplimenteer in 1997 om die Staatsdiens te transformeer op alle vlakke. Batho Pele is geïmplimenteer omdat post-1994 Suid-Afrika 'n staatsdiens geërf het wat nie mense-vriendelike was nie, en nie oor die vaardighede- en nodige houdings om die ontwikkelingsuitdagings in die land by die horings te pak nie. Batho Pele is gebaseer op die volgende agt beginsels:
  • Konsultasie: Burgers moet geraadpleeg word oor hul behoeftes.
  • Standaarde: Alle burgers moet weet watter diens om te verwag.
  • Regstelling: Alle burgers moet ’n verskoning- en oplossing aangebied word wanneer daar nie aan standaarde voldoen word nie.
  • Toegang: Alle burgers moet gelyke toegang tot dienste het.
  • Vergunning: Alle burgers moet hoflik behandel word.
  • Inligting: Alle burgers is geregtig op volle, akkurate inligting.
  • Openheid en deursigtigheid: Alle burgers moet weet hoe besluite geneem word en deur departemente uitgevoer word.
  • Waarde vir geld: Alle dienste wat gelewer word moet waarde vir geld bied.
Matzikama beteken ‘plek van water’ en spog met ’n wonderlike omgewing, waar die suide van die Namakwaland verken kan word met sy verskeidenheid toeriste-aantreklikhede, insluitend die wêreld-beroemde wyne van die Weskus Wynland en die mooiste blomme. Kontak gerus vir Danie Lubbe of Elizna Moton by 027 201 3300 vir enige navra