Inskrywings vir Mej Madeliefie Makietie, wat op Donderdag, 27 September 2018 plaasvind, op Vredendal is nou oop!

image 2

Dit is weer daardie tyd van die jaar, waar ons al ons juwele nooi om deel te neem aan die jaarlikse Mej. Madeliefie Makietie. Hieronder volg die inskrywingsvorm en al die belangrike inligting wat jy moet weet. Ons sien uit na jou inskrywing, om die loopplank te betree en met die kroon weg te stap.

Inskrywingsvorm



Gesig foto
Vollengte foto

Reëls:

Inskrywings is onderhewig aan goedkeuring. Alle deelnemers MOET tussen 17 en 25 jaar oud wees. Geen pryse kan geruil word vir kontant nie. Elke deelnemer moet ’n vrywaringsvorm teken, wat onderneem dat hulle die betrokke instansies geensins aanspreeklik kan hou vir enige beserings en of gebeure tydens die funksie nie. Alle deelnemers moet een dag voor en op die dag van die kroning vir repetisies beskikbaar wees. Alle deelnemers is self verantwoordelik vir die kleredrag in die onderskeie afdelings van die kroningsgeleentheid. ’n ONLANGSE vollengte foto en twee kop-en-skouer-foto’s in VOLKLEUR moet jou inskrywingsvorm vergesel.

Elke deelnemer moet, indien sy as een van die twee prinsesse of die wenner gekroon word, beskikbaar wees om die Madeliefie Makietie-fees op 26 en 27 Oktober op Strandfontein by te woon. Sy moet ook bereid wees om tydens die fees by die prysuitdelings op verskeie verhoë betrokke te wees. ’n Program sal vooraf deurgegee word.

Afdelings:



1. Opening 2. Informele drag 3. Formele drag

Wanneer:

Wanneer: 27 September 2018
Waar: Vredendal Sportsaal
Tyd 18:30 vir 19:00
Kaartjies: R250 per persoon (Ete ingesluit)
Tema: The Great Gatsby
Kleredrag: Semi Formeel/1920’s
Die gewilde Jay is die spesiale gaskunstenaar vir die aand.

Kontak Optika Oogkundiges by 027 213 1266 om dié geleentheid by te woon.

Opgewonde?
Kyk solank na die program