Mnr. & Mej. Strandlopertjie

Die jongspan kan vanjaar vir die eerste nader staan vir hul eie skoonheidskompetisie - Mnr. & Mej. Strandlopertjie. Die Rekkies en Tekkies Akademie op Vredendal soek die pragtigste en oulikste van die jonger geslag. Daar is vier afdelings - vir ouderdomme 3-6 jaar, 7-9 jaar, 10-13 jaar, en 14-16 jaar. Ma’s - dink jy jou kleinding het wat dit verg om die kroon te dra? Skryf hom of haar dan dadelik in. Die kompetisie vind op Saterdag, 27 Oktober, om 14:00 by die strandverhoog plaas. Inskrywingsvorms beloop R50 en is beskikbaar by Rekkies en Tekkies.
Ouers moet die inskrywings by Rekkies en Tekkies Akademie kom haal en dit moet weer aan Rekkies & Tekkeis gebring of per e-pos gestuur word saam met ’n foto asook die kind se geboortesertifikaat. Kontak gerus 027 213 1042 of stuur ’n e-pos na [email protected]
Die inskrywings sluit Vrydag, 12 Oktober om 16:00. Op die dag van die fees sal die beoordelaars die wenner asook diegene in tweede en derde plek aankondig.