SAB Castle

Die Suid-Afrikaanse Brouerye het in 1895 ontstaan, oorspronklik om die nuwe mark van mynwerkers en goudprospekteerders in en om Johannesburg van bier te voorsien. Twee jaar later het dit die eerste nywerheidsmaatskappy geword wat op die JSE genoteer is. Die onderneming het die afgelope twee dekades aansienlik op internasionale vlak uitgebrei. Vandag is SAB deel van SABMiller Plc, een van die wêreld se grootste brouerye (volume-gewys) met meer as 200 handelsmerke en brouerye op al ses vastelande.

Castle Lager is 'n Suid-Afrikaanse bleek-lager vervaardig deur SABMiller. Dit is die vlagskipproduk van Castle Brouery en is onder andere beskryf as Suid-Afrika se nasionale bier, wat verwant is aan Carling in die Verenigde Koninkryk en Budweiser in die Verenigde State van Amerika. Castle Lager is bekroon in die Wêreld se Beste Gebottelde Lager-kategorie by die Brewing Industry International Awards in 2000, en is die amptelike borg van verskeie sportverenigings in Suid-Afrika, insluitend die Suid-Afrikaanse sokkerspan en die Suid-Afrikaanse krieketspan

Ons Bied Verskeie Produkte:
Castle Lite – Sedert 1994 is Castle Lite 'n verlaagde alkohol- en lae-kalorie weergawe van Castle Lager. Dit word verkoop in ’n groen bottel (in teenstelling met Castle Lager se bruin bottel) en is ook beskikbaar in blikkies en op die vat. Castle Lite word gebrou teen -2.5 °C en verpak met Suid-Afrika se eerste termochromatiese temperatuuraanwyser. Dit het 'n alkoholinhoud van 4%. Castle Lite Lime – 'n Lemmetjiegegeurde weergawe van Castle Lite, vrygestel in 2014. Castle Milk Stout – 'n melk-stout (let wel – nie melkskommel nie!) wat geadverteer word as "Suid-Afrika se Voorste Stout". Castle Milk Stout is die enigste bier wat gebruik maak van 'n donker-geroosterde mout om 'n ryk brousel te onttrek. Die toevoeging van karamel balanseer die bitterheid in 'n poging om 'n meer gebalanseerde smaak te lewer. Dit het 'n alkoholinhoud van 6%.

Castle Milk Stout Chocolate Infused – 'n sjokoladeverweefde variant van Castle Milk Stout Daar is twee Castle tente by die fees, so kom ondersteun ons by die Madeliefie Makieitie om jou dors te les.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Pierre Lambrechts by 0829217755.