Verblyf_02

Bespreek nou jou verblyf

Madeliefie Makietie het verskeie verblyf-opsies op Strandfontein vir die tydperk van die fees beskikbaar. Indien jy belang stel in kampering, woonwastaanplekke of chalets, kan jy gerus vir Hannari Labuschagne kontak om dit te bespreek. Onthou die beskikbare plekke is beperk.

Hannari sal ook raad kan gee oor strandhuise wat gehuur kan word en ander verblyf-opsies. Jy kan die vorm hiernaas voltooi of jy kan Hannari regstreeks kontak by [email protected] of +27 (0) 82 886 8647.

Verblyf-navraag:

Gastehuise met spesiale pakkette vir Madeliefie Makietie-fees

Letsatsi Lodge

Letsatsi Lodge is geleë op Vanrhynsdorp en is die ideale oornagplek vir diegene wat reis op die N7 tussen Kaapstad, Namibië, Springbok en Upington.

Die lodge bestaan uit 33 selfsorg-chalets wat elk slaapplek het vir 2 tot 4 mense. Al die kamers het gemaklike beddens en ’n TV met sekere DStv-kanale. Al die kamers beskik ook oor lugversorging.

Vir jou gerief het die lodge ’n restaurant op die perseel, die Red Ox, wat keurige kos voorberei en van die beste wyne van die omgewing aanbied. Geniet ’n oggend- of middagtee op die restaurant se patio met dekadente fyngebak en koek.

Daar is ’n historiese kerk en pragtige tuine weerspieël die flora van die omgewing, en daar is begeleide toere deur die inwonende vetplantkenner wat gaste kan onderneem. Die lodge spesialiseer in troues, verjaarsdagpartytjies en ander funksies wat op die perseel gehou word. Daar is plek vir 150 tot 200 gaste.



Kontak Letsatsi Lodge om te bespreek:
Tel: +27 (0)27 219 2828
Sel: +27 (0) 82 626 0023
e-pos: [email protected]
Webtuiste: www.ncfamouslodges.com/

Namaqua Lodge

Namaqua Lodge is geleë op Vanrhynsdorp in die hart van Namakwaland, 300 km noord van Kaapstad en 270 km suid van Springbok. As deel van hul feespakket, gee Namaqua Lodge ’n bottel wyn per kamer. Die eg Namakwalandse gasvryheid en vriendelikheid wat gaste by Namaqua Lodge ontvang, verseker dat hulle weer en weer terugkeer. Omdat Vanrhynsdorp op die Kaap na Namibië-roete geleë is, bied Namaqua Lodge verblyf langs die N7 en het ook baie gereelde gaste wat by hulle oornag om die lang pad korter te maak.

Omdat Namaqua Lodge so sentraal geleë is, verkies baie reisigers wat in die Matzikama- en Namakwaland-area sake doen, om Namaqua Lodge hul tuiste te maak tydens hulle reis. Nabygeleë dorpe rondom Vanrhynsdorp sluit in: Nieuwoudtville, Vredendal, Klawer, Lutzville, Nuwerus en Bitterfontein.

Kontak Namaqua Lodge om te bespreek:
Tel: +27 (0) 27 219 1633
Tel: +27 (0) 82 896 6444
e-pos: [email protected]
Webtuiste: www.namaqualodge.co.za

Ander gastehuise op Strandfontein

C Melody

Naam: Tania
Tel: +27 (0) 72 154 3887
e-pos: [email protected]

Sea Breeze & Villa Michelle

Naam: Katinka
Tel: +27 (0) 73 375 0994
e-pos: [email protected]

VCSC Jeugkamp

Naam: Mirinda
Tel: +27 (0) 83 305 4329
e-pos: [email protected]

Van Eeden Akkommodasie

Naam: Henda van Eeden
Tel: +27 (0) 84 601 5513
e-pos: [email protected]

Privaat Huis - Leatitia

Naam: Leatitia
Tel: +27 (0) 83 650 1633
e-pos: [email protected]

Privaat Huise - Johanna

Naam: Johanna
Tel: +27 (0) 27 215 1081
e-pos: [email protected]

Privaat Huise - Heleen Paxton

Naam: Heleen
Tel: +27 (0) 83 629 0999
e-pos: [email protected]

Thornbay Akkommodasie

Thornbay Akkomodasie

Tel: +27 (0) 83 632 2205
Tel: +27 (0) 27 215 1333
e-pos: [email protected]

Die Anker Guesthouse

Tel: +27 (0) 83 632 2205
e-pos: [email protected]

Ander gastehuise op Lutzville

Voorsorg Vredendal

Naam: Anton/ Louise Rossouw
Tel: +27 (0) 82 800 6986
Tel: +27 (0) 27 213 2243
e-pos: [email protected]

Hoërskool Lutzville

Naam: Quinton van Dyk
Sel: +27 (0) 82 773 2589
e-pos: [email protected]