Vredendal Toyota

Van 1 Julie 2010 het Jowells Toyota eienaarskap verander en sy nuwe naam was Vredendal Toyota. Vredendal Toyota strewe daarna om te alle tye uitstekende diens aan hul kliënte te verskaf. Hulle verseker dit deur al hul werkers die nuutste opleiding te gee sodat hulle dit kan toepas. Vredendal Toyota is aktief betrokke by die gemeenskap en ondersteun plaaslike skole. Hul strategie in die bedryf vir goeie diens is gehalte, respek en integriteit.

Vredendal Toyota se top-verkoper van die maand is die Toyota Rush. Ons is verskriklik opgewonde oor die Rush en al die voordele wat die motor bied. Kliënte kan gerus vir Morne Arp skakel by 027 213 2200 om ’n toetsrit te bespreek en te voel hoe die Rush soos ’n droom ry op die oop pad.

Die direksie van Vredendal Toyota:
Hendrik (Pug) Roux – Hendrik het verskeie grade agter sy naam in wette en besigheidsadministrasie, wat hy voltooi het aan die Universiteit van Sellenbosch. Pug is oorspronklik van Kaapstad. Joubert Roux – Joubert is ’n entrepreneur en plaasboer met ’n belangstelling in verskeie besigheidssektore. Hy is gebore en grootgemaak in Vredendal. Jacques Jansen van Vuuren - Jacques het 14 jaar se ondervinding in die motorbedryf. Dit is sy kennis, nuwe idees en goeie toegevoegheid wat bygedra het to die sukses van die besigheid en nogsteeds groei.

Kontakbesonderhede:
Telefoonnommer: 027 213 2200
Faksnommer: 027 213 2201
E-pos: [email protected]
Facebook: https://www.facebook.com/VredendalToyota/