Weskus-raakrugby

Nog ’n opwindende aktiwiteit om na uit te sien is die Weskus-raakrugbytoernooi wat ook tydens die fees plaasvind. Die wedstryde sal op Saterdag, 27 Oktober voor die lewensreddersgebou plaasvind. Jy kan jou span die oggend van 07:30 inskryf en inskrywingsgeld beloop R300 per span. Wedstryde sal plaasvind van 09:00 die oggend. As jy en jou makkers ’n span het, moet jy seker maak dat julle inskryf. Dit gaan beslis ’n naweek vol opwinding en verrassings wees. Daar wag ook opwindende pryse vir die wenspanne. Indien jy meer wil weet oor die raakrugby of as jy ’n span vir inskryf, kan jy Derick Lochner kontak by +27 (0) 83 366 0600.