Ons tel die dae

DIE WESKUS ROEP

Trek jou cowboy-hoed, stewels en jou beste country-uitrusting aan vir die Best Dressed Country-kompetisie by die Madeliefie Makietie op 10 Oktober 2025! Of jy nou ’n boere-meisie of ’n ware plaas-cowboy is, kom wys jou styl en staan ’n kans om heerlike pryse te wen. Die kompetisie is oop vir oud en jonk, en vorm deel van die dag se feesvieringe. 

ONS BORGE

By Madeliefie Makietie glo ons dat ‘n fees nie net oor musiek en pret gaan nie, maar oor mense – en saamstaan vir iets groter.  Julle ondersteuning is meer as net ‘n logo op ‘n plakkaat – dis ‘n belegging in ons gemeenskap. 

Dankie dat julle saam met ons terugploeg in die gemeenskap. 

GOUD

SILWER

BRONS

ALGEMEEN

KAARTJIES

STRANDFONTEIN

Roep Jou Naam
Die Weskus is ‘n plek van eenvoud en sielsrus – waar uitgestrekte strande, vriendelike mense en vars see-lug jou nooi om stadiger te leef en voller te leef. Strandfontein, met sy skoon strande en warm gemeenskap, is die perfekte tuiste vir hierdie makietie.

Laat jou hart klop op die ritmes van van Suid-Afrika se gunsteling kunstenaars, proe aan plaaslike geure en handgemaakte produkte, en neem asemrowende sonsondergange in – alles teen die agtergrond van die ruwe, ongerepte kuslyn waarvoor die Weskus bekend is.

Stuur 'n boodskap