Weskus Afrikaanse Musiek Fees. Kom kuier saam by Madeliefie Makietie in Strandfontein op 2 & 3 Oktober 2026. Geniet ’n naweek vol musiek, vermaak, lekker kos, plaaslike talent en egte Weskus-kuier.
Die Weskus raak lewendig wanneer die verhoog vol talent is. Madeliefie Makietie bring van die land se geliefde kunstenaars en vermaak bymekaar vir ’n onvergeetlike feesnaweek.
Die Weskus is ’n plek van eenvoud en sielsrus – waar uitgestrekte strande, vriendelike mense en vars see-lug jou nooi om stadiger te leef en voller te leef.
Strandfontein, met sy skoon strand en warm gemeenskap, is die perfekte tuiste vir hierdie makietie.
Teken in vir ons nuusbrief en wees eerste om te hoor van kaartjies, kunstenaars, nuus en belangrike opdaterings.
