Stalletjies

STALLETJIES

MADELIEFIE MAKIETIE • STRANDFONTEIN

Bring jou besigheid, produkte en passie na die Madeliefie Makietie en wees deel van die Weskus se grootste kuier.

Madeliefie Makietie stalletjies
01

Beskikbare Stalletjies & Fooie

Kies asseblief jou voorkeur stalletjie (onderhewig aan beskikbaarheid).

🍴

Kosstalletjies

BUITE HOOFAREA
GROOTTE 6m × 6m
FOOI R4 700

Kampeerplek op die perseel waar die stalletjie geleë is. Kampering is op die perseel toegelaat.

✦

Kuns- & Handwerkstalletjies

BINNE HOOFAREA • GETENTE GEBIED
GROOTTE 4m × 3m
FOOI R2 800

Geleë binne 'n getente area. Verkopers moet hul eie tafels, gazebos, promosiemateriaal en baniere voorsien.

★

Padstalletjies

LANGS DIE FEESROETE
GROOTTE 6m × 6m
FOOI R1 800
02

Fasiliteite & Verblyf

✓

Geen gratis kampering of verblyf is beskikbaar vir kuns- & handwerk- of padstalletjieverkopers nie. Kontak organiseerders vir verdere inligting.

✓

Kosstalletjieverkopers mag op die perseel kampeer by die ligging van hul stalletjie.

✓

Ablusiefasiliteite is beskikbaar vir alle verkopers.

BELANGRIK!

Stalletjietoewysing is na goeddunke van die feesorganiseerders en onderhewig aan beskikbare ruimte.

!
BELANGRIKE HANDELSVEREISTE

Verkopers is verplig om vir die volle duur van die fees op albei dae handel te dryf. Deelname vir slegs een dag word nie toegelaat nie. Stalletjies moet alreeds op Donderdag, 1 Oktober 2026 om 09:00vm., klaar opgeslaan wees, vir die laaste inspeksies en goedkeuring.

02 OKT 03 OKT 2026
STALLETJIE

Doen jou Aansoek!

Strandfontein • Weskus

2 & 3 Oktober 2026